Ek is 'n skrywer en is mal oor lees: jeugfiksie, misdaadfiksie en romanses. Reis en die natuur is iets waarop ek versot is. Ek is veral mal oor berge en riviere.
My twee seuns - 'n tiener en 'n jong volwassene - hou ongelukkig nie regtig van lees nie, maar beide is mal oor sport.
Omdat die buitelewe vir my seuns belangrik is, kyk ek dikwels saam met hulle na verwante programme op TV.
Wanneer jy jeugfiksie skryf, onthou die volgende:
“The teenage brain is like a Ferrari: it’s sleek, shiny, sexy, and fast, and it corners really well. But it also has really crappy brakes.” — Anoniem
Wanneer jy skryf, oorweeg gerus Gustav Freitag se uiteensetting van plot in 5 fases of Dan Wells se 7-punt plotstruktuur om jou met die proses te help. — Annerle Barnard