Boeke vir kinders

Ingonyama en ander maats met leeueharte

Hierdie versameling moderne kortverhale vir Afrikaanse Eerste Addisionele Taal-kinders in graad 4–6, en word ook saamgestel volgens die CAPS-kurrikulumvereistes en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om die “vierde industriële rewolusie” in die laerskoolonderwys te implementeer. Elke verhaal bevat:
  • ‘n besprekingsonderwerp en ‘n woordelys;
  • vrae voor lees;
  • Engelse vertalings van moeilike woorde;
  • kontekstuele vrae na die lees;
  • en verrykingsaktiwiteite.

Blinkertjies in pa se baard

Die skolebundel, deur LAPA, is vir graad 4 – 7 EAT (Eerste Addisionele Taal.) Dis ideaal vir die kwartaal 3-projek waar ‘n projek oor al vier genres gedoen word. Die onderwyser kan elke kwartaal ‘n nuwe genre uit die boek doen.

Voorin die boek  is ‘n QR-kode waarin toegang verleen word tot oudio-insetsels waar die skrywers en bekende stemkunstenaars soos Iris Bester en Diana Ferrus die verhale en gedigte voorlees.

‘n Studiegids oor elke bundel verskyn eersdaags. Die studiegidse deur twee top vakadviseurs bied alle nodige inligting oor kwartaal 3 se projek plus alles wat die onderwyser moet weet oor letterkunde-onderrig in die laerskool.