Boeke vir tieners

4 Skryfwenke vir jou (6)

Spel

Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en Dimpho boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing. Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry.

Spel verwerf goud: Sanlamprys vir Jeuglektuur, 2021 en verskyn op 20 November 2021.

Spel received the gold award in the Afrikaans category (Sanlam Award for Youth Literature).

Sindikaat

Paul se pa betaal Bossie om hom op te pas – en dit net omdat Paul vroeër die jaar op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was, ontvoer is deur ’n gewetenlose sindikaat. Die baasbrein het die Valke landuit ontglip en toe Paul daarna doodsdreigemente ontvang, het sy pa Bossie in diens geneem. Oor die hóé en die wáár praat niemand nie. En nou is Paul en sy vriende Adriaan en Karlien saam met Bossie, die eks-recce, “met vakansie” in Zambië en Zimbabwe. Paul het per ongeluk op smokkelgoed in sy vriend Chang se huis in Bloemfontein afgekom, en die Chinese mafia is op hulle spoor. Kan Bossie hulle beskerm? Is hulle regtig veiliger in die afgeleë uithoeke van ons buurlande, of is dit juis makliker om kriminele dade daar weg te steek?

Sindikaat verwerf silwer: Sanlamprys vir Jeuglektuur en verskyn op 31 Oktober 2019.

Sindikaat received the silver award (Sanlam Award for Youth Literature).

Sweepslag

Sweepslag

Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd — Paul het ‘n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool ge-bunk omdat sy ontsteld was oor iets wat gebeur het. Die twee hoërskoolleerders van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in ‘n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hulle hul lewens gaan waag om weg te kom. ‘n Spanningsvolle verhaal met temas mensehandel, dwelmhandel en moord.

Sindikaat Uittreksel

Sweepslag Uittreksel