Welkom!

Miskien hou jy nie van boeke nie. Jy hou van fliek. Aksie en spanning trek jou. Ek het twee seuns wat niks van lees hou nie en ek skryf graag vir tieners wat nié van lees hou nie. Uiteraard ook vir alle tieners en volwassenes wat graag lees. Kies een van my boeke vir tieners en sien hoe die fliek in jou kop afspeel.

Ek is mal oor stories en daarom is ek ‘n skrywer, maar my voorliefde is vir stories wat ‘n mens op die punt van jou stoel vasgenael hou en daarom is ek mal oor tienerboeke. Gee my interessante karakters, ‘n vinnige tempo en die onverwagte. Viva jeugfiksie!

Ek hoor baie graag van jou. Stuur vir my ‘n e-pos.

Spel