Karakterontwikkeling: agt praktiese skryfwenke

Boeke vir tieners
Annerle Barnard
Annerle Barnard

Karakterontwikkeling: agt praktiese skryfwenke

Dit is belangrik vir enige volronde protagonis om ‘n doelwit te hê. Hierdie karakter moet egter ook hekkies in sy/haar pad hê wat hom/haar keer om die doelwit te bereik. Hierdie hekkies (innerlik en  uiterlik) skep konflik en maak die karakter interessant.

Karakterontwikkeling: agt praktiese skryfwenke

Lesers moet met ‘n karakter kan identifiseer — of ten minste (in die geval van die protagonis) wil hê dat die protagonis in sy/haar doelwit moet slaag. Karakterontwikkeling is noodsaaklik, want dit verleen dimensie en persoonlikheid, sowel as die dryfkrag wat die karakter benodig om sy/haar doelwit te probeer bereik. ‘n Geloofwaardige karakter kan nie ‘n kartonkarakter wees nie. Die karakter moet driedimensioneel wees, met ander woorde: die karakter moet ‘n verlede (agtergrond) en persoonlikheid hê. Die leser wil weet hoe die karakter lyk en oor watter persoonlikheidseienskappe die karakter beskik. Vra jouself af wat jou karakter wil bereik en wat sy/haar grootste vrese is.

Indien jy onseker is of hulp benodig, kliek op die skakel om ‘n gratis karakterkaart af te laai.

Agt praktiese skryfwenke

  1. Wat is jou karakter se doelwit en wat dryf hom/haar?

Jou pratagonis moet ‘n doelwit hê. Wat wil hy/sy bereik? Paul Rudman in Sweepslag en Sindikaat wil oorleef. Ten einde dit reg te kry, moet hy uit die kloue van die sindikate waarmee hy te doen het, bly.

Lukas Brandt in Spel wil die transterrane vermy, maar die hulle is op soek na hom en ontvoer sy jonger boetie, Daniël. Gaan hy daarin slaag om Daniël te red sonder enige konfrontasie met die transterrane en kuborge?

Fassinerende karakters beskik oor innerlike motivering wat hulle daartoe dryf om hulle doelwit te probeer bereik.

  1. Verskaf inligting in lae:

Moenie alle inligting gelyktydig verskaf nie. In Sindikaat ontdek Paul Rudman ‘n onwettige produk in ‘n beskuitboks. Die agtergrond/geskiedenis word via achronologiese vertelling ingekleur. Elke tweede hoofstuk belig gebeure (en die agtergrond/verlede) in Bloemfontein. Op die ou einde verstaan die leser die verlede (backstory) sonder om met ‘n vreeslike hoop inligting gebombardeer te word.

  1. Skep konflik:

Kyk gerus ook na die blogplasings: konflik stuur stories en innerlike konflik in skryfwerk. Konflik stel opponerende kragte teenoor mekaar en beïnvloed die besluite wat die protagonis neem. Gebruik ook konflik om jou protagonis se swakker eienskappe uit te lig.

Onthou, alle mense het beide sterk en swak eienskappe en dieselfde geld vir jou protagonis sowel as antagonis.

Paul Rudman in Sweepslag en Sindikaat ly aan depressie en angs. Hy is kort van draad, raak maklik geïrriteerd en is geneig om krities te wees wat ander se foute aanbetref. Hy dra egter ‘n masker en kom selfversekerd voor. Hy is ‘n hartseer nar (sad clown). Vir meer inligting, lees hier.

Lukas Brandt in Spel het AGHS (ADHD) en hy stoei teen angs en eko-angs. Sy angs maak dat hy ook redelik kort van draad is. Weens omstandighede wantrou hy mense.

Hierdie protagoniste beskik dus oor beide goeie en slegte eienskappe — en dit maak hulle driedimensioneel.

Paul Rudman (Sindikaat) ervaar geweldige innerlike konflik betreffende hulle besluit en die rol wat hy gaan speel aangaande Johnny de Sousa se uiteindelike lot. Sy morele oortuigings is teenstrydig met Bossie s’n en dit is ‘n verdere bron van innerlike konflik.

Lukas Brandt (Spel) ervaar ook innerlike konflik: kan hy Romeo vertrou en hoe voel hy uiteindelik oor die mol wat hom verraai het?

Konflik skep spanning en dit stuur die storie, want die karakters word gedwing om besluite te neem. Dis amper soos Newton se derde wet: vir elke aksie (besluit) is daar ‘n teenreaksie (gevolg).

  1. Wie is die verteller?

Deur wie fokaliseer jy en gebruik jy die eerste- of derdepersoonsverteller?

  1. Verskaf die agtergrond:

Elke karakter (net soos elke mens) het ‘n verlede. Maak seker dat jy jou karakter se verlede ken, selfs al gebruik jy nie alles in jou storie nie.

  1. Persoonlikheidseienskappe:

Karakters, nes mense, beskik oor sekere persoonlikheidseienskappe. Kliek op die skakel vir idees.

  1. Voorkoms:

Hoe lyk jou karakter? Kies ‘n foto op Pinterest (of enige ander webblad) wat lyk soos die karakter in jou kop. Hoe lyk sy/haar oogkleur, haarkleur, mond, neus, liggaamsbou? Watter mannerismes het die karakter? Skets ‘n realistiese prentjie van jou karakter sodat die leser presies weet hoe hy/sy lyk. Op grond van die beskrywings in Spel, het ‘n jong leser vir my fenomenale sketse van Lukas, Jolene en Romeo gemaak en gestuur (sien onder).

  1. Sekondêre karakters:

Sekondêre karakters belig die eienskappe van jou protagonis — en skep dikwels konflik. In Sindikaat het Paul Rudman en Bossie opponerende waardestelsels. Paul is nie in ‘n posisie om Bossie te ondermyn nie, maar Paul kan ook nie met Bossie se besluite vrede maak nie.

In Spel dra JJ, Jolene en Romeo by tot die konflik wat Lukas ervaar.

Karakterontwikkeling: agt praktiese skryfwenke

Gebruik die gratis karakterkaart op my Hulpbronneblad indien jy hulp benodig.

Lekker skryf.

Karakterontwikkeling: agt praktiese skryfwenke
Karakterontwikkeling: agt praktiese skryfwenke
Karakterontwikkeling: agt praktiese skryfwenke