Wenke: skep geslaagde skurke

Wenke: skep geslaagde skurke
Wenke: skep geslaagde skurke
Wenke: skep geslaagde skurke

Wenke: skep geslaagde skurke

Ek is mal oor skurke in stories. Interessante skurke! Ek is opreg dankbaar dat ek nie sulke mense persoonlik ken nie, maar wat sal ‘n goeie storie dan nou sonder ‘n uitstekende skurk wees?

‘n Persoonlike gungsteling?     

Hannibal Lecter in Silence of the Lambs. (Of is dit dalk net omdat ek versot is op Anthony Hopkins as akteur?) 😊                      

Wenke: skep geslaagde skurke Waarom is skurke in stories belangrik?

‘n Goeie skurk is die persoon wat druk op die held/heldin plaas. As daar nie ‘n skurk was nie, sou die held/heldin nie ‘n held/heldin gewees het nie. Hoe beter die skurk, hoe beter sal die held gevolglik wees. In wese, definieer die skurk eintlik die held/heldin.

Wanneer ek met vriende in die regsbedryf gesels, hoor ek dikwels dat geld motiveer. Mense doen soms die vreeslikste goed bloot net omdat hulle inhalig is. ‘n Inhalige geldwolf maak egter nie altyd ‘n goeie skurk in ‘n storie nie. Lesers wil meer oor die skurk weet, wil weet wat veroorsaak het dat die skurk gemaklik voel met die donker kant van die lewe.

Die ideale skurk, net soos die ideale anti-held, moet darem ook ‘n paar goeie eienskappe hê.

 

Wat is die verskil tussen ‘n skurk en ‘n anti-held?

Per definisie is ‘n anti-held ‘n emosioneel gebroke held wat op enige wyse denkbaar vir reg en regverdigheid veg terwyl ‘n skurk ‘n bose karakter is wat die held teenstaan.

Bossie in Sindikaat is ‘n anti-held.

Soms is dit moeilik om ‘n karakter in ‘n boksie in te pas. Die belangrikste is egter nie dat die karakter perfek in ‘n boksie pas nie, maar dat die karakter interessant moet wees.

Al gehoor van ‘n anti-skurk?

Lesers wil hê die anti-skurk moet die stryd verloor selfs al het die karakter ook goeie eienskappe.

Wanneer ek aan voorbeelde van anti-skurke dink, dink ek heel eerste aan Raymond Reddington in The Black List. Hy probeer nie aan homself voorgee at sy handelinge goed is nie, tog blyk dit dat die beweegredes vir hierdie handelinge skynbaar altruïsties van aard is.

Almal hou van ‘n anti-held, maar almal hou nie noodwendig van ‘n anti-skurk nie.

Interessante karakters

Neal Caffrey van White Collar is sjarmant, rasioneel en slim asook ‘n meesterlike manipuleerder en ‘n briljante leuenaar, maar hy gee ook om vir mense en vorm opregte verhoudings met mense. Uiteraard help dit dat hy mense kan lees. Ek (en my hele gesin) was absoluut mal oor hom – ten spyte van sy aweregse persoonlikheid. Hy’t ‘n warm hart en ek wou hom nooit in die moeilikheid sien beland nie.

Wenke: skep geslaagde skurke

Om na skurke in stories terug te keer: die leser/kyker besef soms eers dat hulle met ‘n skurk te doen het wanneer hy/sy hulle ware kleure wys. Die leidrade is dus baie subtiel. ‘n Geslaagde skurk is dikwels een waarvan die leser sal hou. Die skurk kan iemand se pa wees of dalk net ‘n familielid of sportafrigter.

Johnny de Sousa in Sindikaat is ‘n skurk wat later in die verhaal eers sy ware kleure wys.

Skurke weet dikwels nie bewustelik dat hulle skurke is nie. Hulle glo dat hulle handelinge en keuses gemotiveerd is. Johnny van Sindikaat is hier ‘n sprekende voorbeeld.

Skurke dink dikwels hulle doen goed, selfs al is dit glad nie die geval nie. Hulle het gewoonlik uitstekende beweegredes vir hulle keuses. Belangrik is dat die skurk aan die einde moet faal en ‘n waardige opponent vir die protagonis moet wees.

Wenke: skep geslaagde skurke. Die eienskappe van ‘n geslaagde skurk:

  1. Sterk morele waardes

Die skurk moet glo in dit wat hy/sy doen. Hy/Sy moet sterk morele oortuigings hê vir die besluite wat hy/sy neem.

  1. Verbinding met die held

Die skurk help met die held/heldin se karakterontwikkeling. Sonder ‘n waardige antagonis, is daar ook geen held/heldin nie. Die held en skurk is dus eintlik van mekaar afhanklik en is daarom aan mekaar verbind.

  1. Geloofwaardige geskiedenis

Wanneer ‘n skurk ‘n interessante en geloofwaardige geskiedenis het, verduidelik dit die skurk se lewenskeuses. Dit maak dat die leser die skurk kan verstaan en simpatie met die skurk sal hê.

  1. Waardige opponent

Die skurk in jou verhaal moet ‘n waardige opponent wees. Indien die held/heldin die skurk maklik verslaan, is daar vir die held/heldin geen uitdaging nie. Sonder ‘n waardige skurk, het jy dus ook nie ‘n waardige held/heldin nie en is jou held/heldin se handelinge nie gemotiveerd nie. Die skurk moet jou held/heldin dwing om moeilike besluite te neem en hom/haar noodgedwonge laat groei.

  1. Pret

Dit moet pret wees om jou skurk te skep. Wanneer Hannibal Lecter (Silence of the Lambs) op die toneel verskyn, hou kykers/lesers asem op. ‘n Mens weet nie heeltemal wat om van hierdie karakter te verwag nie. Die skurk is dus nie voorspelbaar nie.

Wenke: skep geslaagde skurke

  1. Motief

Wat beweeg jou skurk om te handel en dink soos wat hy/sy handel en dink? Dink aan uitdagings en hoe dit mense vorm. Wanneer jy byvoorbeeld ‘n reeksmoordenaar skep, gaan kyk na die redes vir werklike reeksmoordenaars se besluite. Hoekom het die berugte reeksmoordenaar Boetie Boer uitgedraai soos wat hy het?

  1. Werklike persone

Jy kan jou karakter se gedrag en keuses op die van ‘n werklike persoon baseer, soos reeds genoem.

  1. Dra die karakter se skoene

Ons almal is al deur slegte omstandighede gekonfonteer. Hoe het jy daarop gereageer? Gebruik jou eie emosies om jou karakter te probeer verstaan.

  1. Kragtige indruk

Maak seker dat jou antagonis/skurk ‘n kragtige indruk maak. Net soos die held/heldin moet die antagonis (skurk) ook iets wil hê.

Wenke: skep geslaagde skurke

Geniet die skep van die skurk in jou volgende storie. Laat weet my asb. wie jou gunsteling skurke in boeke/flieks is.

Annerle Barnard
Funksie: karakterontwikkeling in stories
Innerlike konflik in skryfwerk!