Konflik stuur stories

Konflik stuur stories
Sindikaat
Konflik stuur stories

Hoe stuur/dryf jy jou storie?

“What sound is to music, conflict is to story.” — William Bernhardt

Diet is wel moontlik om ‘n storie sonder konflik te skryf, maar ek glo dat konflik stories stuur. Daar is verskillende tipes konflik wat jy kan gebruik om jou storie vorentoe te dryf:

 

Tipes konflik:

Konflik stuur stories: Hoe gebruik jy konflik om spanning te skep en jou storie te dryf?

  1. Mens vs. self/innerlike konflik (van onskatbare waarde)

Dit het gewoonlik te doen met self-vertwyfeling, ‘n morele dilemma of die persoon se eie natuur. Paul Rudman ervaar in beide Sweepslag en Sindikaat innerlike konflik.

Sindikaat: Sy grootste krisis en ook die ineenstorting van sy wêreld ontstaan a.g.v. innerlike konflik (‘n morele dilemma in hierdie geval). Op bl. 232 reken hy, “Daar’s beslis nie ‘n hiernamaals nie. Dis die hel dié. Miskien is die dood minder van ‘n hel as die lewe self.”

  1. Karakter vs. karakter/mens vs. mens

Sweepslag: Die protagonis is in konflik met verskeie lede van die mensehandelsindikaat wat hom gevange hou.

Sindikaat: Die protagonis is in konflik met die lede van twee verskillende sindikate wat op hom jag maak.

  1. Karakter vs. die natuur.

Wuthering Heights (Emily Brontë): die aggressie en geweld van die natuur teenoor die uitgelewerde mens.

  1. Karakter vs. tegnologie

Terminator & The Matrix

  1. Karakter vs. die gemeenskap

Divergent (Veronica Roth)

  1. Karakter vs. die bonatuurlike

The Shining (Stephen King): die Overlook hotel teenoor die mens.

  1. Karakter vs. sy bestemming (noodlot/geluk/God)

Die Griekse mitologie.

Macbeth (Shakespeare): Macbeth probeer om die noodlot te oorwin, maar is eintlik in beheer van sy eie bestemming. Die noodlot het wel bepaal dat hy die hekse sou glo. Hy veroorsaak oop oë sy eie ondergang en noodlot (kenmerkend van die Griekse tragedie) omdat hy oorambisieus is. 

“Goals, conflict, and motivation should be so specific that you can write them down in a few words.”
― Cheryl St. John, Writing with Emotion, Tension, and Conflict: Techniques for Crafting an Expressive and Compelling Novel

Hoe skep jy konflik?

  1. Besluit watter tipe konflik jou storie benodig.
  2. Besluit wat jou karakter wil hê en plaas ‘n hekkie/probleem in sy/haar pad.
  3. Skep karakters met opponerende waardestelsels.
  4. Maak jou protagonis se reis so moeilik as moontlik.
  5. Verhoog die risiko: wat het die protagonis om te verloor?
  6. Skep ‘n waardige antagonis.
  7. Lees soveel as moontlik.

 

“Plot, or evolution, is life responding to environment; and not only is this response always in terms of conflict, but the really great struggle, the epic struggle of creation, is the inner fight of the individual whereby the soul builds up character.”
—William Wallace Cook, July 1923

Konflik stuur stories
Sweepslag
Konflik