Karakterisering in jou storie.

Karakterising in jou storie.

Fassinerende karakters kan jou storie ‘n hupstoot gee!

Hoe werk karakterisering in jou storie?

  • Maak jou karakters se unieke eienskappe ‘n belangrike deel van die plot.
  • Tris (Beatrice Prior) in die Divergent-reeks (jeugfiksie) is van die begin af gefassineerd met die Dauntless-faksie. Sy pas egter nie perfek in enige van die kategorieë in nie en mense soos sy word as ‘divergent’ beskou. Sy is anders, wyk van die normaal af.
  • Katniss Evergreen (The Hunger Games) is ‘n uitstekende jagter en dis dan ook juis haar vaardigheid met ‘n pyl en boog wat haar help om die ‘spele’ te oorleef.
  • Paul Rudman in Sindikaat (jeugfiksie) is ‘n sportiewe, buitelug-persoon met sy eie innerlike stryd: depressie en angs.
  • Gebruik unieke eienskappe wanneer jy jou karakters skep, maar moenie dit misbruik nie, want dan verloor dit effektiwiteit.
    • Elke karakter in jou storie kan byvoorbeeld nie lomp wees nie. Miskien het een slegte kommunikasievaardighede en ‘n ander een buitengewone danstalent.
    • Dink aan die Marvel-karakters. Almal het superkragte, maar hulle kragte verskil en hulle lyk almal anders. Almal se omstandighede en persoonlikhede verskil ook (Iron Man vs. Thanos vs. The Hulk).
  • Wees oorspronklik.
    • Hou mense dop en neem kennis van hulle unieke eienskappe.
  • Laat ruimte vir uitsonderings.
    • Ek is oor die algemeen redelik ernstig, maar sal soms ‘n grappie maak. Wanneer ek wel ‘n grap maak, vind mense dit soms ekstra snaaks. (Een van my sibbe is die Oros by elke kuier en laat almal lag. Ek het bloot nie daardie gawe nie.)
    • Nes mense, kan jou karakters ook afwyk van dit wat gewoonlik van hulle verwag word, m.a.w. die ernstige persoon maak dalk onverwags ‘n grappige aanmerking.

Hoe om karakterisering in jou storie te beplan?

Wanneer ek besluit het wie en wat my karakters gaan wees (dikwels ontwikkel hulle verder tydens die skryfproses), gaan soek ek ‘n foto op die Internet (daar is hordes foto’s op Pinterest) soortgelyk aan dit wat in my kop is. Dit herinner jou ook aan jou karakter se uiterlike en help met die karakterisering in jou storie.

  • Paul Rudman in Sindikaat  (jeugfiksie) is sportief en in voortdurende konflik. Hy word deur twee sindikate gejag. Sy stryd handel oor oorlewing (innerlik en uiterlik). 
Karakterisering in jou storie
Boeke vir tieners
  • Dit herinner jou aan die uiterlike, anders het jou karakter aan die begin van die storie bruin oë en later groen oë.
  • Verder gebruik ek ‘n karakterkaart om my te help om my karakters te beplan.
  • Vir my is die hoofkarakter se doelstelling, motivering en innerlike konflik deel van die karakterisering —  en daarmee saam ook die protagonis se grootste vrees.
  • GRATIS AANBOD: Indien jy my karakterkaart (gratis) wil hê, stuur vir my ‘n e-pos via die kontakblad van my webwerf. (Hierdie is egter nie die Wet van Mede en Perse nie. Jy kan by die karakterkaart byvoeg en wegneem soos dit jou pas. Ek het dit vir myself saamgestel, maar is bereid om dit te deel.)

Mense het dikwels waarneembare mannerismes. Vermy egter clichés. Jou karakters se persoonlikhede, asook hulle sterk eienskappe en swakhede kan ‘n storie baie interessant maak.

Onder is enkele voorbeelde. Hou mense dop en sien self hoeveel eienskappe daar is wat jy op jou karakters van toepassing kan maak.

Mannerismes:

  • Naels kou.
  • Swaai jou sokkies soggens drie keer deur die lug vir goeie geluk voordat dit aangetrek word.
  • Kou aanhoudend kougom.
  • Vroetel voortdurend — dit kan ook ‘n teken wees van angstigheid, of selfs ADHD.
  • Praat altyd stadig en baie duidelik.
  • Vat voortdurend aan die linkeroor, veral wanneer senuweeagtig.

Persoonlikheid en ander eienskappe:

  • Introvert
  • Ekstrovert (die Oros van die partytjie!)
  • Pynlik netjies.
  • Ongeorganiseerd en ongestruktureerd.
  • Baie snaaks, en maak altyd grappe. Dit kan ook ‘n personal wees wat die karakter aanneem om angs te verdoesel. (Sindikaat)
  • Kla voorturend oor alles, byvoorbeeld Adriaan Roux in Sindikaat (boek vir tieners). 
  • Baie lojaal, soms ten koste van die self.
  • ‘n Tweegesig.
  • ‘n Jakkals.
  • Eienaardige brilvorm.
  • Tatoëermerke.
  • Plascon gesig (baie grimering).
Boeke vir tieners
Karakterisering

Sterk eienskappe:

  • Goeie interpersoonlike vaardighede.
  • Goeie danser/skut/swaardvegter/sportman of -vrou, ens.
  • Fisiek sterk (Marvel films).
  • Vinnige reflekse.
  • Uitstekende kok of bobaas bakker.
  • Uitstekende bestuurder – gevorderde bestuursvaardighede (Fast & Furious films).
  • Spesiale konneksie met diere, byvoorbeeld Bossie in Sindikaat (jeugfiksie).
    Boeke vir tieners
    Karakterisering
  • Vreeslose persoon.
  • Gladde mond: laat onwettighede goed lyk (Neil Caffrey in die White Collar TV-reeks).

Swak eienskappe:

  • Onleesbare handskrif.
  • Slegte bestuurder.
  • Altyd laat.
  • Swak organisatoriese vaardighede.
  • Sosiaal lomp en maak nie maklik vriende nie.
  • Kompulsiewe leuenaar.
Boeke vir tieners
Karakterisering (Foto: Unsplash)

Karakters is mense en mense is kompleks.

  • Ted Bundy (‘n berugte reeksmoordenaar wat 30 vrouens vermoor het) het in ‘n stadium by die hulplyn van ‘n sentrum in Seattle gewerk waar die doel was om selfdood te verhoed. Sy kollegas het gesê dat hy ‘n empatieke mens was. Hy’t homself egter as die mees koudbloedige persoon op aarde beskryf. Selfs skurke, reeksmoordenaars en kompulsiewe leuenaars is mense met vele fasette.

As ‘n leser van jou karakters hou, is daar onmiddellik spanning, want die leser wil hê dat die hoofkarakter moet oorleef (The Hunger Games/Divergent/I am Number Four/The Fault in our Stars) of sy/haar einddoel bereik (Marvel/Looking for Alaska/City of Bones).

Boeke vir tieners Karakterisering in jou storie