Algemene temas in stories

Skryfwenke: advies deur skrywers
Annerle Barnard
Annerle Barnard

Algemene temas in stories

Wat is algemene temas wat in stories (boeke en films) voorkom?

Indien ‘n mens verstaan wat temas behels, kan dit jou eie skryfwerk en die analise van stories (boeke en films) ‘n hupstoot gee. Daar is egter ‘n kuns daaraan verbonde om die tema van jou storie nie té vaag of té op-die-neus te maak nie.

Wat behels tema?

Die tema is die rede vir die storie. Dit is die idee waaroor die storie handel. Soms ontstaan die tema bewustelik omdat die skrywer dit so beplan en soms ontstaan dit instinktief en onbewustelik tydens die skryfproses. 

Hoekom ‘n skrywer ‘n spesifieke tema sal kies? Om die leser met ‘n spesifieke boodskap te los, sonder om die leser daarmee oor die kop te slaan. Die tema is wat maak dat ‘n mens die storie onthou. As ek aan George Orwell se 1984 dink, dink ek dadelik aan Big Bother. En hy loer vir ons. Wanneer ek aan Orwell se Animal Farm dink, herinner dit my dadelik aan: “Some animals are more equal than others.”

Spel (Annerle Barnard, 2021): voedselsekerheid. Spel het verskeie temas, maar voedselsekerheid en omgewing is moontlik van die belangrikstes.

Tema, plot, onderwerp, motif en moraal

Die tema van jou storie is die hoekom? Hoekom het jy dit geskryf? Watter boodskap wil jy daarmee oordra?

Plot is die wat? Wat gebeur?

Die onderwerp van jou storie is dalk dat die staat jou bewegings dophou en jy geen privaatheid meer het nie, maar die onderwerp is mag. In die geval van 1984, The Hunger Games (Suzanne Collins) en Animal Farm sal dit die vermoë wat mag het om te korrupteer, wees.

Motif is ‘n herhalende element van jou storie. Dit herinner my onmiddellik aan die kleur rooi as leitmotif in die film, The Sixth Sense. Elke keer wanneer die seun iets sien wat met die dood te doen het, verskyn die kleur rooi in die toneel.

Die moraal is die les. Soms oorvleuel dit met die tema, soos dat absolute mag korrupteer (Animal Farm).

Algemene temas in stories

  1. Mag
    1. The Hunger Games, Suzanne Collins
    2. Animal Farm, George Orwell
    3. 1984, George Orwell
    4. Spel, Annerle Barnard
  2. Familie
    1. A Hundred Years of Solitude, Gabriel García Márquez
  3. Grootwordjare
    1. The Catcher in the Rye, D. Salinger
    2. Emma, Jane Austen
  4. Die goeie vs. die bose
    1. Harry Potter, J.K. Rowling
    2. Spel, Annerle Barnard
    3. Sindikaat, Annerle Barnard
    4. Sweepslag, Annerle Barnard
  5. Verraad en wraak
    1. Hamlet, William Shakespeare
    2. Macbeth, William Shakespeare
    3. Julius Caesar, William Shakespeare
  6. Arrogansie en ‘n oormaat aan selfvertroue
    1. Macbeth, William Shakespeare
    2. ‘n Groot aantal van die Griekse tragedies
    3. Frankenstein, Mary Shelley
  7. Identiteit
    1. Die lelike eendjie, Hans Christian Anderson
    2. The Vanishing Half, Brit Bennett
  8. Eensaamheid
    1. The Catcher in the Rye, J.D. Salinger
    2. The Perks of Being a Wallflower, Stephen Chbosky
  9. Vriendskap
    1. Apartment, Teddy Wayne
  10. Lewe en dood
    1. The Life of Pi, Yann Martel
  11. Geloof en twyfel
    1. The Lion, The Witch and the Wardrobe, C. S. Lewis
  12. Vrye wil vs. die noodlot
    1. Macbeth, William Shakespeare
    2. Oedipus Rex, Sophocles
    3. Kafka on the Shore, Haruki Marukami
    4. Harry Potter, J.K. Rowling
  13. Hoop
    1. The Hate U Give, Anglie Thomas
    2. A Tale for the Time Being, Ruth Ozeki
  14. Liefde
    1. Outlander, Diana Gabaldon
    2. Romeo & Juliet, William Shakespeare
    3. Eleanor & Park, Rainbow Rowell
    4. The Fault in Our Stars, John Green
  15. Kennis vs. Onkunde
    1. Fahrenheit 451, Ray Bradbury
  16. Moed en Uithouvermoë
    1. The Wonderful Wizard of Oz, Frank Baum
  17. Skoonheid
    1. Pride and Prejudice, Jane Austen
  18. Oorlog
    1. The Narrow Road to the Deep North, Richard Flanagan
    2. Regeneration, Pat Barker
  19. Oorlewing
    1. The Hunger Games, Suzanne Collins
    2. Divergent, Veronica Roth
    3. Sindikaat, Annerle Barnard
    4. Spel, Annerle Barnard
    5. Sweepslag, Annerle Barnard
  20. Omgewing en klimaatsverandering
    1. Spel, Annerle Barnard
    2. Flight Behavior, Barbara Kingsolver

Algemene temas in stories

Ontwikkel die temas van jou storie deur literêre tegnieke, byvoorbeeld deur die subtiele gebruik van beeldspraak en terugflitse. Konflik help ook om die tema vas te lê en daarom moet jou tema aan die kernkonflik in jou verhaal gekoppel wees. In Spel het ons die konflik tussen die transterrane en die mensdom — en daarmee saam die transterraandiktator, Dakian se poging om Lukas Brandt in die hande te kry.

Algemene temas in stories

Lekker skryf. Indien jy enige spesifieke versoeke het, kontak my deur e-pos via die webwerf asb. of via sosiale media.

Algemene temas in stories
Skryfwenke2: wat sê skrywers
Annerle Barnard