Welkom!

Miskien hou jy nie van boeke nie. Jy hou van fliek. Aksie en spanning trek jou. Ek het twee seuns wat (ongelukkig) nie veel van lees hou nie; ek skryf daarom graag vir tieners wat nié van boeke hou nie. Uiteraard ook vir alle tieners en volwassenes wat graag lees. Kies een van my boeke en sien hoe die fliek in jou kop afspeel.

Ek is mal oor stories en daarom is ek ‘n skrywer, maar my voorliefde is vir stories wat ‘n mens op die punt van jou stoel vasgenael hou. Juis daarom is ek mal oor tienerboeke. Gee my interessante karakters, ‘n vinnige tempo en die onverwagte. Viva jeugfiksie!

Ek hoor graag van jou. Stuur vir my ‘n e-pos.

Spel