Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie (2)

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie (2)
Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie (2)
Wenke: skep geslaagde skurke

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

In Engels praat ons van worldbuilding.  In Afrikaans sal dit seker ‘die skep van ‘n fiktiewe wêreld’ wees, maar omdat niemand sal weet waarvan ek praat nie, verwys ek hier na wêreld-bou.

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

Om Spel te kon skryf, moes ek baie oor die wêreld waarin Lukas Brandt hom bevind, nadink en oplees. ‘n Groot deel van my wêreld het egter tydens die skryfproses vanself by my kom aanklop.

‘n Deel van hierdie wêreld het ook amper my hele storie gekelder. Ek was in ‘n stadium lus om die delete-knoppie te druk. Wanneer? Tydens die groot geveg in Gariepstad. Hoekom? Ek het gesoek na ‘n futuristiese wapen en het my flou gestoei om ‘n geloofwaardige een uit te dink. Twee kenners het my storie egter van uitwissing gered.

Die beste leerskool, is om soveel as moontlik boeke in die genre waarin jy graag wil skryf te lees.

Hier volg enkele wenke:

  1. Maak seker jy weet hoe jou wêreld lyk sodat jy tydens die skryfproses op die storie kan fokus. Waarskuwing: moenie so hard aan jou wêreld bou dat jy vergeet om te skryf nie.
  2. Beskryf jou wêreld. Die leser moet as’t ware deur hierdie wêreld ingesluk word. Wys, moenie vertel nie. Briljante voorbeelde (literêre fiksie) is Umberto Eco se Baudolino, asook Kazuo Ishiguro se The Buried Giant.
    1. Hoe lyk die klimaat in jou wêreld?
    2. Aardrykskundige gegewens?
    3. Is dit nodig om ‘n kaart vir jou wêreld te skep? (Kyk na Jungu Josh: Die Waters van Wafu deur Constant van Graan, asook A Game of Thrones deur George R.R. Martin.)
    4. Was jou wêreld altyd soos wat dit nou lyk? Indien nie, wat het hierdie verandering teweeggebring? Kyk na Spel (Annerle Barnard), Divergent (Veronica Roth) en Magnus Chase and the Sword of Summer (Rick Riordan).
    5. Hoeveel van hierdie wêreld moet jy in jou plot insluit om die storie te ondersteun?
    6. Het die omgewing ‘n invloed op jou storie? Spel, Outlander, The Hunger Games.
    7. Wat is die invloed van die klimaat op jou storie?
    8. Natuurlike hulpbronne?
    9. Landsgrense?
  3. Vul jou wêreld met inwoners.
    1. Indien die inwoners in jou wêreld van my en jou verskil, hoe? Vir Spel moes ek baie navorsing oor transterrane, kuborge en robotte doen. Weet hoe jou skepsels lyk en hoe hulle lewe, maar ook wat hulle agtergrond, persoonlikheidseienskappe en etiese waardes is.
    2. Hoe groot is jou wêreld?
    3. Is daar ‘n klassestelsel? Dink aan Spel, The Hunger Games en Divergent.
    4. Watter geslagte, rasse en spesies is ter sprake? In Spel is daar twee superrasse (transterrane) wat in konflik met mekaar is, naamlik die Saevissimi en die Siriane. Kuborge word beskou as ‘n laer klas as die transterrane. Robotte is vervangbaar en die paar oorblywende mense op aarde tel eintlik slegs indien hulle vir die transterrane van nut kan wees (bloedoortappings, ens.).
    5. Praat almal dieselfde taal?
    6. Oor watter hulpbronne beskik hulle?
    7. Hoe lyk hulle politieke en ekonomiese stelsels?
  4. Die geskiedenis van jou wêreld.
    1. The Hunger Games is op dekades van onderdrukking gebasseer. Onderdrukking is ook ‘n tema in Spel.
    2. Hoe lyk die verre verlede? Wat hou die huidige ekonomie, omgewing en kultuur aan die gang? Is daar enige sprake van trauma, plae, hongersnood of oorloë?
    3. Is daar enige politieke veranderinge in hierdie wêreld, enige magskuiwe, religieuse- of tegnologiese omwentelinge?
  5. Wat is die kultuur van jou wêreld? Kyk na die rol van religie, politiek en die gemeenskap in Spel.
  6. Wat is die dryfkrag van jou wêreld? Toorkuns, of kunsmatige intelligensie en futuristiese wapens?
    1. Indien dit toorkuns is, moet jy weet waar dit vandaan kom en hoe magtig dit is?
    2. Affekteer dit die gebruiker?
    3. Kan dit beheer word?
    4. Word dit aangeleer of is dit aangebore?

Indien jou wêreld van kunsmatige intelligensie gebruik maak, sal jy soortgelyke vrae moet beantwoord:

  1. Hoe gevorderd is die kunsmatige intelligensie (KI)?
  2. Hoe lyk die wapens van hierdie wêreld?
  3. Kan almal KI bekostig en het dit enige effek op die sosio-ekonomiese omstandighede en struktuur van die wêreld?
  4. Veroorsaak dit enige konflik?
  5. Wie het die KI geskep?
  6. Hoe werk die KI?
  7. Word die KI as ‘n laer klas beskou, soos in Spel?
  8. Wie heers: die mensdom of KI?
  9. Is die KI bewus van die self (self-aware), m.a.w. kan dit ditself genereer en programmeer of is dit van mense/ander wesens afhanklik?
Skep ‘n geslaagde skurk.
Spel
Wenke: Wêreld-bou vir Fantasie/Wetenskapsfiksie

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

In die vorige blogplasing het ek enkele vrae gevra om jou aan die dink te sit. Hier volg nog ‘n paar:

  1. Indien religie wel ter sprake is en beoefen mag word, hoe manifesteer dit? Dink aan Outlander.
  2. Is daar konflik tussen religieuse groepe? Tussen politieke faksies? Tussen lande?
  3. Wat is die verskillende sosiale klasse en wat weet die leser van hulle? In Spel is daar definitief verskillende klasse. Ek dink ook onmiddellik aan The Hunger Games. 
  4. Watter tipe klere dra die inwoners van hierdie wêreld en besit die onderskeie klasse verskillende tipes kleredrag?
    1. Iets wat vir my baie effektief gedoen is, is die kleredrag van die onderskeie faksies in die Divergent-reeks. Dauntless was die faksie wat my die meeste gefassineer het.
  5. Hoe funksioneer gesinne en ander verhoudings?
    1. Dink aan Ender’s Game van Orson Scott-Card.
    2. Hoekom het Katniss Everdeen besluit om aan die Hunger Games deel te neem? (The Hunger Games).
  6. Hoe reageer jou inwoners op liefde en verlies?
    1. Hoe reageer Katniss in The Hunger Games?
  7. Watter tipe gedrag en denke is verbode? Daar is hordes voorbeelde in beide literêre- en genrefiksie.
  8. Is daar spesifieke geslagsrolle en hoe word dit uitgebeeld?
  9. Is daar enige spesiale feesvieringe en hoe word dit uitgebeeld? Dink aan A Court of Thorns and Roses van Sarah J. Maas.

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

Dis beslis nie maklik om ‘n fantasie- of wetenskapsfiksiewêreld te skep nie. Dis ‘n groot uitdaging, maar dit is ook die moeite werd. Maak net baie seker dat jy jou fondasie reg lê en geniet die reis. Jammer, die bouproses. 😊

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie (2)
Wenke: Wêreld-bou vir Fantasie/Wetenskapsfiksie
Tienerboeke