Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie (1)

Vir wie skryf jy?
Wenke: skep ‘n wêreld vir fantasie/wetenskapsfiksie
Karakter: Wat beteken perspektief?

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

Die korrekte Afrikaans vir ‘world building’ sal seker wees om van die ‘skep van ‘n wêreld’ te praat, maar ek is bang niemand weet waarvan ek praat nie.

Wanneer ‘n mens fantasie en/of wetenskapsfiksie skryf, moet jy ‘n geloofwaardige wêreld kan skep (world building). Lesers moet as’t ware ingesluk word deur jou wêreld.

Wat is die verskil tussen fantasie en wetenskapsfiksie? Fantasie is 100% die produk van die verbeelding, maar wetenskapsfiksie is op die wetenskap gebaseer.

Tot watter genre hoort Star Trek?

Fantasie.

Tot watter genre hoort Spel?

Dis wetenskapsfiksie, maar neem plek-plek ‘n stappie in die rigting van fantasie. Hoekom? Waterbeertjies sal wel kan muteer, maar hoe dit in die toekoms sal lyk, weet ek nie. Die mutante wat ek geskep het, is die produk van my verbeelding. Daar is nog ‘n aantal voorbeelde in die roman.

Hoe skep jy ‘n wêreld (hetsy fantasie of wetenskapsfiksie) wat net so realisties voel soos die een waarin jy leef?

Dink aan bekende boeke, films en reekse, byvoorbeeld Lord of the Rings, Game of Thrones, Star Wars, ens.

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

Wanneer jy wetenskapsfiksie en/of fantasie skryf, kan jou wêreld jou storie maak of breek. Wat behels dit om ‘n wêreld te skep? Net soos met ‘n huis, moet jou fondasie reg gelê word.

Wêreld-bou of die skep van ‘n wêreld het te doen met jou milieu. Waar speel jou storie af en hoe lyk dit daar? Onthou dat dit meer behels as bloot net die plek. Dit verwys na die politieke en ekonomiese omstandighede van jou wêreld, kleredrag, ‘n geldeenheid, konflik, ens.

In Outlander het lesers en kykers te doen met beide ‘n werklike geskiedkundige milieu en tydreise. Hoe het die skrywer daarin geslaag om ‘n geloofwaardige wêreld te skep?

Die skep van ‘n nuwe wêreld gee dikwels aanleiding tot ‘n magdom vrae

Kom ons kry jou brein aan die gang: hoe gaan ‘n kombuis 200 jaar van nou af lyk? Gaan daar kombuise wees en gaan mense kos maak? Of gaan mense slegs voedingspille sluk? Indien hulle slegs ‘n voedingspil gaan sluk, waar gaan hulle dit kry? Gaan dit vir almal bekostigbaar wees?

Gaan mense lyk soos wat ons vandag lyk?

Gaan die psige van die mens dieselfde wees?

Hoe gaan ons kleredrag lyk?

Sal daar plantegroei wees en indien wel, hoe sal dit lyk?

Sal daar dierespesies wees en hoe gaan dit lyk?

Wat sal mense as geldeenheid gebruik?

Sal die landsgrense en kontinente wees soos wat ons dit tans ken?

Watter taal gaan mense praat?

Gaan ons ander planete bewoon?

 

Wenke: Wêreld-bou vir Fantasie/Wetenskapsfiksie
Annerle Barnard
Spel: feit of fiksie? (2)

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

Gaan groot, maar onthou dat lesers hulleself in jou wêreld moet kan verloor.

  1. Regte-wêreld fantasie

Jou storie is geanker in die wêreld waarin ons leef. Die plot is op ‘n werklike historiese gebeurtenis gebaseer. Dink aan Outlander.

  1. Tweede-wêreld fantasie

Hier skep die skrywer nuwe lande, spesies en ‘n nuwe regering. Jou wêreld het sy eie geskiedenis, aardrykskunde en doelwit. Dink aan Lord of the Rings, A Court of Thorns and Roses, ens. Tolkien word as die koning en skepper van Tweede-wêreld fantasie beskou. Die wêreld wat hy in Lord of the Rings skep, is heeltemal fiktief. 

Soms kombineer skrywers Regte-wêreld en Tweede-wêreld fantasieë. Harry Potter en Alice in Wonderland is voorbeelde hiervan.

Wenke: Wêreld-bou vir fantasie/wetenskapsfiksie

Ek gaan dit wat ek in Spel gedoen het, stapsgewys in hierdie en die volgende blogplasing uiteen probeer sit. Onthou asseblief dat ek ‘n “pantser” is en nie my plot beplan nie.

Vra jouself die volgende af:

Hier is enkele vrae wat jou solank aan die dink kan sit betreffende die wêreld wat jy wil skep:

  1. Het jou wêreld ‘n totalitêre, demokratiese of outokratiese regering? Het die inwoners van jou wêreld vertroue in hierdie regering?
  2. Praat jou inwoners almal dieselfde taal of moes jy ‘n taal/sleng skep?
  3. Hoe gaan jou karakters hulleself laat geld? Gaan hulle die reëls breek of daarvolgens lewe? Dink aan die verskillende faksies in die Divergent-reeks. Watter faksie het die meeste tot jou gespreek?
  4. Word die reëls deur die inwoners van hierdie wêreld as regverdig beskou? Dink aan Spel, The Hunger Games, Divergent.
  5. Word oortreders gestraf — en hoe? Slegs oortreders, of soms ook onskuldige partye? Dink aan Lukas Brandt se bure in Spel die nag toe sy naam teen die naglug verskyn het. Ook aan die insident met die toxicusgas waarvan JJ vertel het.
  6. Is daar ‘n religieuse stelsel of word dit verbied? Dink aan Spel, 1984, die Percy Jackson-reeks.

In die volgende blogplasing deel ek meer wenke betreffende die skep/bou van ‘n wêreld vir wetenskapsfiksie en/of fantasie. Indien jy enige vrae of voorstelle het: ek hoor graag van jou.

Wenke: skep geslaagde skurke
Wenke: skep geslaagde skurke
Wenke: skep geslaagde skurke