Skryf aksietonele wat boei!

Aksie
Skryf aksietonele wat boei!
Skryf aksietonele wat boei!

Skryf aksietonele wat boei!

Die beroemde skrywer, Lee Child, het gesê: “You should write the fast stuff slow and the slow stuff fast.” Dis iets wat ek veral toepas wanneer ek aksietonele skryf.

Hoe skryf jy aksietonele wat lesers boei?

Indien jy nie ‘n mediese persoon ken vir wie jy oor die gevolge van vuishoue en koeëls kan vra en ook nie ‘n Oosterse gevegsmeester ken nie, daar is hulp op Pinterest. Daar is egter ‘n paar tegnieke wat jy in jou agterkop moet hou tydens die skryf van aksietonele.

  1. Wat is op die spel?

Vir elke toneel wat jy skryf, moet daar ‘n doelwit, motivering en konflik wees. Jou aksietoneel moet dus ook gemotiveerd wees. Waarom het die geveg ontstaan en hoekom is dit onvermydelik?

  1. Gebruik al jou sintuie

Jou karakters kan soveel meer doen as om bloot net te sien. Dink aan die reuk van sand, of petrol; hoe iemand se knieë op die teer brand; die metaalagtige smaak van bloed ens.

  1. Emosie?

Watter emosies beleef jou karakters gedurende die verloop van die geveg? Daar is ‘n groot verskeidenheid waarvan jy gebruik kan maak.

  1. Afwagting maak dikwels meer impak as ‘n vuishou.

Dink aan ‘n film waarin die karakters probeer keer dat ‘n bom ontplof. Daardie afwagting speel met die kyker se emosies. So ook enige ander aksietonele.

Die baie bekende draaiboekskrywer, filmregisseur en -vervaardiger Alfred Hitchcock het gesê: “There is no terror in die bang, only in the anticipation of it.”

  1. Die reaksie van ander karakters

Indien daar omstanders is, mag dit van waarde wees om hulle reaksie op die geveg te wys, selfs al is dit net ‘n nabytoneel (die trek van iemand se mond, of ‘n gil).

  1. Wat is die nagevolge?

Die wêreld moet darem ‘n bietjie verander het teen die tyd dat die stof gaan lê. Selfs ‘n positiewe uitkoms gaan nie sonder pyn en verlies wees nie. Dink aan enigiets wat jou storie vorentoe kan dryf.

  1. Gebruik aksietonele om jou karakters te ontwikkel. Dit moet meer as slegs skop, skiet en doodslaan wees. Voor watter keuses kom jou karakter te staan?
  2. Laat jou karakters wapens gebruik wat by hulle persoonlikhede pas.

Gebruik ook die aksietonele om iets van jou karakters se persoonlikhede te openbaar. Veg een van hulle vuil? Oordink hulle ‘n handeling of stormram hulle die opponent?

  1. Bevraagteken jou karakters se motiewe en morele waardes via aksietonele, of laat hulle hul eie waardes en motiewe bevraagteken.
  2. Paul Rudman bevraagteken homself voortdurend en dis juis hulle onderonsie met Johnny de Sousa in Sindikaat wat Paul se ewewig tot die uiterste beproef.

    1. Selfs al skryf jy die vinnige gebeure stadig, moenie die toneel uitrek net omdat jy kan nie. Maak seker elke sin dra by tot die toneel.

Krok.

As hy nie sy gat roer nie, is dit tickets met hulle al drie.

Die boomstomp gly geluidloos nader. Agter hom, nog een.  Sindikaat, bl. 247

Styl?

  1. Gebruik kort frases. (Langer sinne verbreek die spanning.)
  2. Gebruik kort, maklike woorde.
  3. Maak van aksiebelaaide werkwoorde gebruik, eerder as passiewe werkwoorde, byvoorbeeld “staan”.
  4. Gebruik grafiese, konkrete selfstandige- en byvoeglike naamwoorde. ‘n Sin soos “ hy druk die koue loop teen sy kop,” maak meer impak as “hy dreig hom met ‘n pistool”.

Paul se longe skree, sy oë wil uitpop, sy nekare bult. Sindikaat, bl. 246

Nabytonele

  1. Gebruik twee of drie nabytonele (close-ups) wat iets anders tydens die geveg verteenwoordig, byvoorbeeld oë wat rek van vrees, die smaak van sandkorrels, die weerkaatsing van ‘n loop, ens.

Skryf aksietonele wat boei!

Aksietonele wat lesers boei, gaan oor meer as bloot net ‘n geveg. Dis meer as net swaarde, messe en gewere. Dit moet ‘n aspek van jou karakters wys wat hulle andersins nie soou openbaar nie en wat hulle dwing om dieper te delf as wat hulle gedink het moontlik is ten einde die risiko verhoog soos wat min ander scenario’s kan.

Skryf aksietonele wat boei!
Skryf aksietonele wat boei!
Skryf aksietonele wat boei!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *