Nuus en Resensies
DONKERSTER
Die twee belangrikste dinge in Carli Kirstein se lewe is wildbewaring en haar droom om ‘n veearts te word. Op skool is sy en haar vriende nie juis deel van die gewilde groep nie, en sy het ook nie veel geuk met die ouens in haar lewe nie. Eers is daar die krieketster wat haar net akademies wil gebruik, dan is daar die sjarmante buurseun, Stef, wie haar ouers nie goedkeur nie… en dan is daar Xander, die hardwerkende dromer en doring in haar vlees.
Al die drade van haar lewe word saamgevleg toe wildstropers die naburige rehablitasiesentrum vir leeus en ander katte begin teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie span saam om die leeus te probeer beskerm – sonder hulle ouers se toestemming.
Skielik bring Carli se toewyding aan wildbewaring nie net haar eie lewe in gevaar nie, maar ook die van die mense vir wie sy omgee.
GIF
Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe se lewe is so vars soos laas jaar se brood. Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Hulle spanmaats is oornag groter, sterker, beter. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ‘n plan, maar dis onwettig. Die risiko is groot. Asof die druk in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina ook. Dan is daar Joanne. As sy en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?
Sewe keer Sondig
“25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag.
Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid,
wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid.”
LAPA-jeugromankompetisie 2023
Wenners van die LAPA-jeugromankompetisie 2023
Die wenners van die LAPA-jeugromankompetisie 2023 is bekend.
Lees meer hier.
My boek, Sterstof, sal November 2024 beskikbaar wees.
Blinkertjies in Pa se Baard
Blinkertjies in Pa se Baard is ‘n bundel met boeiende stories vir graad 4 – 7 EAT (Eerste Addisionele Taal).
‘n Verskeidenheid bekende name het saamgespan om hierdie publikasie, saamgestel deur Marieta Nel, die lig te laat sien. Daar is bydraes deur onder andere Annerle Barnard, Anzil Kulsen, Hannes Barnard, De Wet Hugo, Nerine Ahlers, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen en Troula Goosen, om maar ‘n paar te noem.
- Die aanbieding is gemik op leerders in Graad 4 tot 7 en spog met ‘n rits kortverhale, volksliteratuur, poësie en selfs drie dramas wat leerders kan opvoer.
Dis ideaal vir die kwartaal 3-projek (deel van die KABV-kurrikulum) waar ‘n projek oor al vier genres gedoen word. - Die onderwyser kan elke kwartaal ‘n nuwe genre uit die boek doen.
- Voorin is ‘n QR-kode waarin toegang verleen word tot oudio-insetsels waar die skrywers en bekende stemkunstenaars soos Iris Bester en Diana Ferrus die verhale en gedigte voorlees.
- ‘n Studiegids oor die bundel verskyn eersdaags. Die studiegids deur twee topvakadviseurs bied alle nodige inligting oor kwartaal 3 se projek plus alles wat die onderwyser moet weet oor letterkunde-onderrig in die laerskool.
Spel
Annerle Barnard van Bloemfontein, verower die goue prys vir Spel. Die beoordeelaars beskryf die verhaal as “spannende wetenskapsfiksie waar die kontras tussen modern en tradisioneel sterk na vore kom.”
Die 2021 Sanlam-prys, goud vir jeuglektuur, het my aandag genoegsaam geprikkel dat ek besluit het om Annerle Barnard se Spel aan te durf.
Lees die resensie hier.
"I couldn't wait to read the third youth novel from the pen of Annerle Barnard."
Lees die resensie hier.
Ilse Salzwedel gesels met die jeugskrywer Annerlé Barnard, oor haar derde jeugroman, SPEL.
Luister na die podcast hier.
Sanlam en Tafelberg, kondig met trots die wenners van die 2021-Sanlampryse vir Jeuglektuur aan.
Lees die inskrywing hier.
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Annerlé Barnard
Lees die onderhoud deur Naomi Meyer hier.
Annerle se nuutste manuskrip, Spel,
is op die 2021 Sanlam-jeuglektuur
kortlys.
Lees meer oor die finaliste in Sanlam-jeuglektuur hier.
Sindikaat
In April 2019 verskyn Sindikaat op die kortlys vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur. Op 31 Oktober 2019 word Sindikaat aangekondig as die silwerpryswenner, Sanlamprys vir Jeuglektuur, 2019.
In April 2019, Sindikaat, was shortlisted for the Sanlam Prize for Youth Literature. On 31 October 2019, Sindikaat was awarded the silver prize, Sanlam Prize for Youth Literature, 2019.
Sweepslag
‘Sweepslag‘ se bekendstelling was op Donderdag, 16 Mei 2019, om 18:00 vir 18:30, by NALN in Bloemfontein.
Sweepslag’s launch was on Thursday, 16 May 2019, at 18:00 for 18:30 at NALN, Bloemfontein.