Manuskrip na gepubliseerde boek!

Annerle Barnard
4 Skryfwenke vir jou (1)

Manuskrip na gepubliseerde boek! 5 Stappe via ‘n tradisionele uitgewer:

Al drie my gepubliseerde boeke vir tieners is die resultaat van manuskripte wat ek vir NB-Uitgewers se Sanlam-prys vir Jeuglektuur kompetisie ingestuur het. Eintlik het ek die eerste een (Sweepslag) vir ‘n kompetisie ingestuur bloot net om seker te maak dat dit wel gelees word. Daarna het Sindikaat gevolg en toe Spel. En ja, ek is reeds weer besig met die skryf van ‘n tienerboek.

Jy wil weet: hoe vorder jy van manuskrip na gepubliseerde boek

Kyk na die uitgewer vir wie jy jou manuskrip wil stuur se spesifikasies vir manuskrip voorleggings. Jy sal dit op die betrokke uitgewer se webwerf kry.

Belangrik:

Die proses (soos onder uiteengesit) verskil van uitgewer na uitgewer — en glo my, dit klink veel makliker as wat dit is.

Wagtydperk:

Nadat ‘n mens ‘n manuskrip voltooi het, die proeflees- en redigeerwerk daaraan voltooi het en jy dit aan ‘n uitgewer gestuur het, neem dit ongeveer 4 – 12 maande om terugvoer vanaf die uitgewer te ontvang. (Met kompetisies mag dit vinniger verloop, maar nie noodwendig nie.)

Wie nie waag nie, wen nie ...

“The reason 99% of all stories written are not bought by editors is very simple. Editors never buy manuscripts that are left on the closet shelf at home.”

― John Campbell, The Little Black Book of Writers’ Wisdom

In Suid-Afrika werk dinge anders. ‘n Skrywer ontvang tantieme volgens boekverkope, tensy anders ooreengekom deur die betrokke partye. 

Die prinsiep bly egter dieselfde: as jy nie die moed het om jou manuskrip aan ‘n uitgewer te stuur nie, gaan jou droom slegs ‘n droom bly.

Wat gebeur wanneer die uitgewer aandui dat hulle jou manuskrip aanvaar en wil publiseer?

  1. Jy sal jou manuskrip (in die geval van elektroniese manuskripte) terug ontvang met vrae, voorstelle en kommentaar wat ‘n redakteur via ‘track changes’ op die manuskrip aangebring het.
  2. Daarna het jy die geleentheid om veranderinge aan te bring en jou manuskrip dan weer aan die die uitgewer te stuur. (Hierdie proses mag homself ‘n paar keer herhaal indien die uitgewer dit nodig ag.)
  3. Wanneer die uitgewer uiteindelik tevrede is, word die bladuitleg gedoen en sal jy bladproewe ontvang om deur te lees om seker te maak dat als is soos wat dit moet wees.
  4. Die uitgewer mag moontlik jou insette vra ten opsigte van ‘n voorblad, maar nie noodwendig nie. (Om die uiteindelike voorblad te sien, is vir my die heel lekkerste van alles!) Wat ek wel weet, is dat uitgewers en die ontwerpers wat vir hulle werk baie kennis dra ten opsigte van voorblaaie (en jou teikenmark).
  5. Skrywers vestig dikwels al hulle hoop op die publikasie van die boek, maar dis eers na afloop hiervan wat die regte werk en spanning begin: Bemarking, boekgesprekke en als wat daarmee gepaard gaan, asook die gewag om te sien wat resensente se opinies betreffende jou boek is.

Jy wil net in jou hoekie sit en skryf?

Glo my, ek ook. Soms. Ongelukkig is dit nie so maklik nie. 

“Writing is a solitary endeavor, being an author is not.” — Karen A. Chase

Jy sit dalk op jou eie wanneer jy skryf, maar wanneer jou boek die rak tref, moet jy jou introvert-vere afskud. Lesers wil weet wie die boek geskryf het, wil met die mens agter die storie praat.

Manuskrip na gepubliseerde boek!

 

I love my rejection slips. They show me I try.

― Sylvia Plath, The Unabridged Journals of Sylvia Plath

Dit klink dalk maklik om jou boek gepuliseer te kry, maar dis allesbehalwe maklik.  

My advies?

Moenie jou penne wegpak en jou papier verbrand nie. Beroemde skrywers (onder andere, Sylvia Plath) moes al aanhoor dat dit wat hulle ingestuur het, nie goed genoeg was nie. 

Indien jou droom vir jou belangrik is, probeer weer … en weer … en weer.

 

Het jy vrae?

Indien jy vrae het wat op enige aspekte van die skryfkuns en -proses van toepassing is, kontak my gerus. Indien ek jou vrae via ‘n blogplasing kan antwoord, maak ek graag so.

Manuskrip na gepubliseerde boek!
Spel
Manuskrip na gepubliseerde boek!