Hou by die onderwerp!

Hou by die onderwerp
Donkerster
Hou by die onderwerp

Hou by die onderwerp!

‘Hou by die onderwerp’ klink eenvoudig, maar die waarheid is: skrywers hou dikwels glad nie by die onderwerp nie. ’n Mens doen navorsing, lees iets interessants en dan wyk die storie af na wat jy gelees het.

Hou by die onderwerp!

Ek is ook skuldig hieraan. Ons moet almal hierteen waak

Hoe wyk ons af? Bly by jou tema. Ek gaan eers wys hoe ons afwyk en dan na ’n voorbeeld in my boek Donkerster verwys waar die subplot by die hoofplot aansluit en dit ondersteun.

Hou by die onderwerp!

Hipoteties: Joe wil ’n moord pleeg, hy vind ’n spitvurk, maar die spitvurk lyk nes die een waarmee hy en sy oupa tuin gemaak het.

Die varkore onder die peperboom in sy oupa se tuin het welig gestaan. Oupa was reg. Die plante, veral die varkore, was mal oor wurmtee. Die boslelies ook.

Munisipale water het niks vir die tuin gedoen nie, maar sodra dit gereën het, was die tuin ’n lushof en die grond het anders geruik.

Hy’t graag na skool onder die peperboom op die gras gaan lê. Eenkeer het daar ’n pou in die boom kom sit. Die het voortdurend iets geroep wat na ‘help’ geklink het. Om die een of ander rede was die buurvrou ontsteld daaroor. Haar baba kon die hele middag nie slaap nie en het met oorstimulasie gesukkel.

Schalk verskyn om die hoek. Joe lig die spitvurk. Die tande sukkel om deur Schalk se werwelkolom te gaan. “Plaas jy net geluister het, van Mia af weggebly het!” Hy hyg en gooi die vurk eenkant.

Die bloedplas onder Schalk word groter.

Hou by die onderwerp!

Verstaan jy wat ek bedoel? Hou by jou onderwerp. Joe se herinneringe aan hulle tuin verbreek die spanning en is heeltemal onnodig. Dit dra nie tot die spanning by nie en wyk heeltemal van die storie af.

Goue reël

Elke woord wat ’n mens skryf — ook die dialoog — moet bydra tot die plot of help met karakteronbloting en -onwikkeling.

Hou by die onderwerp!

“Kill your darlings!” As ek reg onthou, is dit iets waarop Stephen King baie in sy boek On Writing fokus.

Vergeet ook van indrukwekkende woorde van meer as vier lettergrepe. Indien jy die Tesourus nodig het, gooi dit by die venster uit.

Hou by die onderwerp!

As ‘n newe-karakter op ’n sy-avontuur gaan wat niks met die hoofkarakter te doen het nie, en die leser raak werklik geïnteresseerd in daardie sy-avontuur, maar dit volg steeds nie die hoofplot of tema nie, sal jy met reg daardie “liefie moet vermoor.” Byvoorbeeld: in ’n storie oor karakters wat ’n lang, tydgedrewe reis onderneem, as hulle vir drie hoofstukke in ’n dorpie stop (in plaas van ’n toneel of twee, of hoogstens een hoofstuk?) en ’n klein syverhaal met die dorpenaars het, dan sal dit nie net die leser se aandag kwes nie, maar dalk selfs die plot vermink. Dis natuurlik nie ’n vaste reël nie, maar jy kry die idee.

Om jou “liefies te vermoor” gaan nie oor om jou passie te sny nie, want dan moet jy heeltemal ophou skryf; dis om afleidings terug te snoei en verkieslik daarvan ontslae te raak. As jou karakter of syplot so opwindend raak dat dit byna belangriker as die hoofkarakter of -plot voel, maar steeds parallel aan jou sentrale tema is, dan is dit reg. Dalk moet jy jou plot aanpas sodat dié opwindende element nie verlore raak nie.

Voorbeeld: in my boek Donkerster fokus Carli Kirstein op die onwettige handel in diereprodukte. Sy veg vir wilde diere, want hulle kan nie vir hulself praat nie. Sam is een van haar beste (enigste!) vriende, maar hy is ‘n albino. Nes die geval is met leeubene en renosterhoring, glo sommige mense ook in die magiese medisinale krag van ‘n albino se liggaamsdele en daarom loop Sam se storie parallel met die van die leeus.

In bogenoemde geval sluit die subplot by die hoofplot aan en versterk dit eintlik.

Hou by die onderwerp!

Lekker skryf en onthou: hou by die onderwerp!

Hou by die onderwerp!
Hou by die onderwerp!
Hou by die onderwerp!