Hoe skep jy ‘n boekhoek?
Wanneer ek aan ‘n boekhoek dink, kan ek nie help ‘n vishoek voor my te sien nie. ‘n Vishoek haak ‘n vis. Boekhoeke moet ‘n leser haak sodat die skrywer hom/haar in kan katrol. Ek is seker jy weet hoe dit voel om ‘n hoofstuk laat in die aand te lees. Jou oë wil toeval en jy gaap lang gape, maar jy kan die boek net nie neersit nie. Die skrywer het jou dus gehaak en ingekatrol.
Hoe skep jy ‘n boekhoek?
‘n Boekhoek is ‘n tegniek wat die leser haak en inkatrol. Dit kan verskeie elemente betrek, byvoorbeeld: die tipes karakters (veral die protagonis se karakter en persoonlikheid), die konflik en wat op die spel is. Die milieu kan ook daartoe bydra, ens. Daar is nie ‘n formule daarvoor nie. As ek iets uit eie ervaring mag deel: die voorblad en lokteks op die agterblad is dinge waarna ek oplet, maar veral die eerste sin en eerste paragrawe kan ‘n boek vir my maak of breek. Een van my groot gunstelinge is George Orwell se 1984: “It was a bright cold day in April, and the clocks were striking thirteen. Winston Smith, his chin nuzzled into his breast in an effort to escape the vile wind, slipped quickly through the glass doors of Victory Mansions, though not quickly enough to prevent a swirl of gritty dust from entering along with him.”
Hoe skep jy ‘n boekhoek?
Konflik, verandering (intern en ekstern) en fyn besonderhede is maniere waarmee jy ‘n boekhoek kan skep.
Persoonlik is ek mal oor konflik.
Sweepslag (Annerle Barnard, 2019) se eerste sin lees as volg: Die vraag is: Sal hy hom kan doodmaak?
Sindikaat (Annerle Barnard, 2019) se eerste sinne is: “Is jy gesuip, Bossie? No flippen way!”
Spel (Annerle Barnard, 2021) se inleiding is as volg: “Skiet!” Lukas wéét dit gaan nie werk nie, maar hoop vir ‘n wonderwerk.
Hoe skep jy ‘n boekhoek?
Konflik dryf dramatiese spanning, veral wanneer die leser nie seker is wat gaan gebeur nie. Verandering is iets wat ‘n mens dikwels in ‘n storie opmerk. Dit sinspeel dikwels op die verandering in die hoofkarakter.
In Spel merk Lukas op dat niks meer dieselfde is nie. Niks is meer soos wat dit eens was nie. Die verandering in die milieu is ‘n aanduiding van die verandering wat in hom gaan plaasvind. Hy’s aanvanklik ‘n karakter wat laag lê, maar omstandighede dwing hom tot aksie. Dieselfde met Paul Rudman in Sindikaat en Sweepslag.
Vir beide hierdie hoofkarakters word die hindernisse hoër en die risiko groter. Dis ook ‘n manier om die leser te hoek en in te katrol. Vra jouself die volgende:
Wat is die primêre konflik in jou storie?
Jou protagonis moet altyd streef na iets. Wat wil jou karakters hê of bereik?
Indien die protagonis nie hierdie doelwit bereik nie, wat is op die spel?
Hoe skep jy ‘n boekhoek?
Voorbeelde van maniere waarop jy jou leser kan haak:
- Die eerste reël moet impak maak!
Where does someone even get a bright green casket like that? — Not Our Summer, Casie Bazay
- Haak die leser met ‘n sterk stem.
When it comes to the streets, there’s rules.
They ain’t written down, and you won’t find them in a book. It’s natural stuff you know the moment your momma let you out the house. Kinda like how you know how to breathe without somebody telling you. — Concrete Rose, Angie Thomas
- Vorm ‘n emosionele band tussen die hoofkarakter en die leser.
The best time to cry is at night, when the lights are out and someone is being beaten up and screaming for help. — Monster, Walter Dean Myers
- Die inleiding kan onheilspellend wees.
124 was spiteful. Full of Baby’s venom. — Beloved, Toni Morrison
- Begin met aksie (en konflik).
“Skiet!” Lukas wéét dit gaan nie werk nie, maar hoop vir ‘n wonderwerk. — Spel, Annerle Barnard
- Begin met ‘n lewensveranderende moment.
As Gregor Samsa awoke one morning from uneasy dreams he found himself transformed in his bed into a gigantic insect. — Metamorphosis, Franz Kafka
- Skep intrigue betreffende die protagonis.
I know I’m not an ordinary ten-year-old kid. I mean, sure I do ordinary things. I eat ice cream. I ride my bike. I play ball. I have an Xbox. Stuff like that makes me ordinary, I guess. And I feel ordinary. Inside. But I know ordinary kids don’t make other ordinary kids run away screaming in playgrounds. I know ordinary kids don’t get stared at wherever they go. — Wonder, R.J. Palacio
- Die inleinding moet aanvanklik verwarrend wees. Hier dink ek onmiddellik aan Karin Crahtz se Blou is nie ‘n Kleur nie. Selfs die titel is verwarrend.
Wat om nié te doen nie?
- Moenie met ‘n verduideliking of uitgebreide eksposisie begin nie.
- Moenie met ‘n beskrywing of die alledaagse begin nie. Tame is lame!
Hoe skep jy ‘n boekhoek?
Wanneer jy eers die leser se aandag het, hou dit! Die middel van die boek mag nié die leser aan die slaap sus nie.
Dis ‘n massiewe uitdaging, ek weet. Lekker skryf!