Held of ‘n antiheld?

Held of 'n antiheld?
Held of 'n antiheld?
Held of 'n antiheld??

Held of 'n antiheld?

Let wel: Die benaming antiheld en held in hierdie teks verwys ook na antiheldinne en heldinne. Dit word dus nie geslagspesifiek aangewend nie.

Held of 'n antiheld?

Almal hou van ‘n held/heldin: die goeie ou of meisie wat die bose oorwin.

Wees egter versigteig dat jy nie perfekte helde/heldinne skep nie. Dis nie geloofwaardig nie. Die mees geloofwaardige helde en heldinne het karakterfoute en maak foute.

Ek is mal oor goeie antihelde en antiheldinne. Hier volg enkele voorbeelde: Peter in die Divergent-reeks, Nova in die Renegades-reeks, Warner in Shatter Me, Rhysand in A Court of Thorns and Roses en A Court of Mist and Fury, Jack Reacher in the Jack Reacher-reeks, Hannibal Lecter in Silence of the Lambs, Lisbeth Salander van die Millenium-reeks, Anna Karenina in Leo Tolstoi se bekende werk met dieselfde titel, Catherine in Wuthering Heights, Lady Macbeth in Macbeth en Bossie in Sindikaat.

Wat is ‘n antiheld?

‘n Antiheld is ‘n sentrale karakter in ‘n storie (boek/film/drama) wat nie oor die konvensionele heldhaftige eienskappe beskik nie. Antihelde maak dit moeiliker om tussen goed en kwaad te onderskei.

So ‘n persoon se swakhede sal die leser opval, tog word die persoon met simpatie uitgebeeld ten einde die lig op die swakhede van die mensdom te laat val.

Annerle Barnard
Boeke vir tieners
Skryf aksietonele wat boei!

Verskille tussen die held en antiheld

Die antiheld se morele waardes verskil van die van ‘n konvensionele held.

  • ‘n Held lewe volgens ‘n aanvaarbare, konvensionele morele kode.
  • Antihelde lewe volgens hulle eie morele kode.
  • ‘n Held is die moderne weergawe van die konvensionele ridder op ‘n wit perd.
  • ‘n Antiheld se perd is vuil en sy wapenrusting vol duike. Die antiheld kan selfs ‘n krimineel wees, byvoorbeeld Hannibal Lecter en Dexter.
  • ‘n Held staan by sy besluite en neem maklik besluite.
  • ‘n Antiheld word soms weens omstandighede gedwing om ‘n besluit te neem.
  • ‘n Held bereik uiteindelik sy finale doelwit, tensy die storie ‘n tragedie is. Hamlet (Shakespeare) is byvoorbeeld ‘n tragiese held. So ook Macbeth, Othello, ens.
  • Antihelde se morele waardes verander dikwels nie gedurende die verloop van die storie nie, byvoorbeeld Jack Reacher in Lee Child se bekende reeks, asook Bossie in Sindikaat.
  • ‘n Held is ‘n idealis.
  • ‘n Antiheld is ‘n realis.
  • ‘n Held kan kompleks, maar sonder konflikterende idees en waardes wees.
  • ‘n Antiheld is ‘n komplekse karakter wat dikwels die mensdom se werklike konflikterende idees en waardes weerspieël. Hy belig problematiese vraagstukke en laat die leser dink.

Antihelde se motivering is dikwels edel. Wel, hulle dínk dit is. Net soos skurke voel hulle dat hulle gedrag regverdigbaar is. Hulle is goed wanneer dit van hulle vereis word — en skurke wanneer omstandighede dit vereis. Ek dink onmiddellik aan Jack Reacher, Bossie in Sindikaat en Rhysand.

Waarvan hou lesers?

Lesers hou van karakters wat eg lyk, wat lyk na regte mense in werklike situasies.

Vyf verskillende tipes antihelde

  1. Die klassieke antiheld

Hierdie antiheld stoei dikwels met self-twyfel en angs, byvoorbeeld Frodo in Lord of the Rings.

  1. Die ridder op die vuil perd

Hierdie antiheld is nie heeltemal boos nie. Sy agtergrond verduidelik sy handelinge, maar verskoon dit nie. Hy ken die verskil tussen reg en verkeerd en het goeie bedoelings, byvoorbeeld die Marvel-films se Iron Man.

  1. Die gewetenlose antiheld

Hierdie tipe antiheld sal enigiets doen om sy uiteindelike doel te bereik en het geen morele waardes nie. Alhoewel sy aksies roekeloos mag wees, is sy bedoelings moontlik goed. Jack Sparrow in Pirates of the Caribbean is ‘n goeie voorbeeld.

  1. Die held in naam aleenlik

Van al die tipes antihelde is hierdie die een wat die lyne tussen goed en sleg die meeste laat kruis. Sy bedoelings is dikwels nie goed nie. Hy sal doen wat hy moet om wraak te neem of ‘n geliefde te beskerm, maar hy sou moontlik die skurk kon gewees het — as hy nie die protagonis was nie. Hier dink ek nogal aan Dexter van die reeks met dieselfde titel.

  1. Die pragmatis

Bossie in Sindikaat is ‘n pragmatis. Hy weet wat die verskil tussen reg en verkeerd is, maar wanneer iets gedoen moet word, doen hy dit en sal die gevolge hanteer wanneer iets skeefloop.

Onthou, jou antiheld moet die hindernisse in sy pad oorkom en uiteindelik as wenner seëvier. Geloofwaardige antihelde met interessante persoonlikhede is fassinerende karakters. Fassinerende karakters is uiters belangrik in boeke vir tieners. Soos wat ‘n mens via die Marvel en ander films sien, is anti-helde belangrik in films en boeke vir tieners en kinders.

“Comic book fans have loved Wolverine, and all the ‘X-Men’ characters, for more than the action. I think that’s what set it apart from many of the other comic books. In the case of Wolverine, when he appeared, he was a revolution really. He was the first anti-hero.” — Hugh Jackman

Waar jy my boeke kan koop?

By alle goeie boekwinkels. Vra dit asb. aan indien dit uit voorraad is. Enkele voorstelle:

Amazon

Graffiti Boeke

Ander

Held of 'n antiheld?
Held of 'n antiheld?
Annerle Barnard