Die Krag van Wetenskapsfiksie / Science Fiction Builds Mental Resiliency in Young Readers

Kom ons wees eerlik: baie mense dink nie veel van wetenskapsfiksie as genre nie. In hierdie artikel van Prof. Ester Jones bewys sy egter hoe belangrik wetenskapsfiksie is, veral wat betref die verligting van stres en angs.

Dis Mei 2020 en Suid-Afrika is onder slot en grendel, soos vele ander lande wat ook grendeltyd (lockdown) ervaar.
Volgens Prof. Jones dui navorsing daarop dat alle fiksie belangrike denkprosesse en emosionele intelligensie by jong lesers aanwakker.

Indien jy jou kind ‘n guns wil doen: kweek by hom/haar ‘n liefde vir lees en sorg dat hy/sy toegang tot boeke het.

Ouers reken dikwels hulle kinders moet eerder ‘n storie met ‘n morele les lees, maar boeke met ‘lesse’ vervreem gewoonlik die jeug (aldus die jeug). Wil ons dus hê hulle moet lees, of wil ons eerder via boeke vir hulle preek?

Lees is goed vir mens se geestesgesondheid: dit help die leser sin maak van die chaos in die wêreld — en wat is ons bestaan tydens 2020 anders as ‘n distopiese werklikheid?

Dis beslis die moeite werd om die aangehegte artikel te lees.