Ek is 'n skrywer. Ek is mal oor jeugfiksie, sowel as misdaadfiksie. Ek hou van resis en die natuur. Ek is veral mal oor berge en riviere.
Ek het twee tienerseuns en soek altyd na die heel nuutste boeke vir tieners, want ek probeer hulle aan die lees kry en uiteraard lees ek die boeke ook self.
My seuns is mal oor sport en daarom kyk ek dikwels sport.
Suiker vir ‘n bleeksiel “Almal wat detensie het, beweeg julle voete. Ek wag!” Mevrou Meyer vee ‘n taai haarsliert uit haar gesig weg. My skoolrok klou aan my rug …
Stories wat bybly Het jy al agtergekom dat sekere stories jou bybly? Wat maak ’n storie werklik onvergeetlik? Is dit die slim kinkels, die skilderagtige beskrywings, of dalk die karakters? …
Bou stories wat asemhaal: Wys, moenie vertel nie “Show, don’t tell” het ek tydens ‘n slypskool gehoor, maar nie regtig geweet wat dit beteken nie. Dit is die een aspek …