Arriveer laat en waai vroeg!

Hoe gemaak met kritiek?
Arriveer laat en waai vroeg!
Arriveer laat en waai vroeg!

Wat beteken 'arriveer laat en waai vroeg?'

‘Arriveer laat, waai vroeg’ (arrive late, leave early) is ‘n tegniek uit die film- en draaiboekindustrie wat jy gerus op jou skryfwerk van toepassing kan maak, veral waar dit inleidings betref.

Wat beteken ‘arriveer laat, waai vroeg’? Om laat te arriveer (m.a.w. “in media res”) beteken om on die middel van gebeure te arriveer.

Dink eerstens aan die openingstonele van films wat jy onlangs gesien het.

Hoe lyk dit?

In eenvoudige terme begin die openingstoneel wanneer die aksie reeds aan die gang is. Die leser het dus nie nodig om twintig bladsye se agtergrond te lees voordat die eintlike storie begin nie. Die idee is om die leser sover te kry om die volgende toneel te wíl lees. Die boek moet ‘n ‘page turner’ wees, maak nie saak of dit jeugfiksie, misdaadfiksie of ‘n romanse is nie.

As ek ‘n voorbeeld uit my jeugroman, Sindikaat, kan gebruik. In die openingstoneel is Bossie en die drie tieners net voor die grens tussen Zimbabwe en Zambië. Ek haal aan:

“Is jy gesuip, Bossie? No flippen way!” Paul draai die CD-speler se volume laer.

Moenie die toneel holrug ry nie.

Via die eerste reëls kom die leser agter dat Paul Rudman ontsteld is. Hy het pas uitgevind dat die eks-recce, Bossie, wat hulle via Zimbabwe na Zambië neem, beplan om wapens onwettig deur die grens te smokkel. Is daar gebeure wat vooraf plaasvind? Ja, maar die leser kry die brokkies inligting mettertyd. Daar is dus nie ‘n lang, vervelige aanloop tot die storie nie.

‘Waai vroeg’ beteken dat ‘n mens die toneel verlaat net na die klimaks en nie die rug van die toneel hol ry nie. Keer eerder later na die toneel terug indien nodig. Hoe eindig hierdie heel eerste hoofstuk in my jeugroman, Sindikaat?

Ek haal aan uit Sindikaat, die einde van hoofstuk een, bladsy 13:

Paneelkissie? Regtig? Net Bossie wat ‘n cubby hole ‘n paneelkissie sal noem. Paul skuif laer af in sy sitplek en trek albei hande deur sy hare. Hy suig aan drie Rescues. Sy senuwees is gaar sedert die storie vroeër vanjaar. Rescue-pille werk in normale omstandighede, maar dié is beslis nie normaal nie.

            “We’re doomed,” mompel hy.

Hou die leser aan die raai.

Sindikaat is achronologies geskryf en die achronologiese hoofstukke het uitstekend gewerk vir die skep van spanning en om momentum aan die storie te verleen.

Los die leser met verwagting. Hou die leser aan die raai.

Arriveer laat, waai vroeg!

Skryf aksietonele wat boei!
Arriveer laat en waai vroegg
Annerle Barnard