Kersfees vir tieners/Christmas for teens

Soos ‘n ‘tween’ oor Kersfees/Like a tween about Christmas

Boeke vir tieners
Boeke vir tieners
Boeke vir tieners

Fees?

“Hoekom hou ander mense tydens Kersfees ‘n groot fees en ons nie?” Jongste se oë is groot onder sy frons. Sy gesig praat saam met sy frons.

Die rede vir die feesloosheid

Die antwoord hiervoor is eintlik redelik eenvoudig, maar nie kort nie.

  • Een van my ma se gesinslede is rondom Kersfees oorlede (die presiese datum weet ek nie) en hulle het daarom nooit ‘n vreeslike storie van Kersfees gemaak nie.
  • My pa het gedurende die Groot Depressie grootgeword. Moet ek verduidelik?
  • My ma verpes koskook. (Toe ek by maats gaan kuier het, het ek agtergekom ons kos is baie anders as hulle s’n. Besonderhede op versoek. J)
  • Ek is ook nie besonder lief vir kook nie, moet ek bieg. J
  • Gade glo glad nie in oordaad nie.
  • Ek het nog ‘n paar jaar gelede ‘n aantal kere regtig groot moeite gedoen om mooi tafel te dek en dit baie spesiaal te maak vir die persone wat Kersfees by ons aan huis kom vier het. Almal het lekker geëet en gekuier en net mooi niemand het waardering vir die ‘mooi’ gehad nie, toe laat vaar ek alle pogings summier. 

2020 se Kersfees

  • Hierdie jaar was taaier as ‘n ou tarentaal, gevolglik het ek besluit dat die seuns my gaan help en ons dié keer iets meer spesiaal daarvan gaan maak. Vir óns. Wanneer ‘n mens iets vir ander mense doen en hulle geen waardering daarvoor het nie, is dit uiteraard ‘n teleurstelling. Daarom gaan ons dit hierdie jaar vir óns doen.

Planne?

  • Dis juis die probleem. Ek het nog geen planne nie.
  • Ek hoop eintlik dat ons met Kersfees iewers in die middel van nêrens langs ‘n rivier sal kan wees (ek is mal oor stilte!), sonder selfoonsein of ‘n lawaai.
  • As ons gedurende Kersfees tuis is (en nié langs ‘n rivier in die boendoes nie), sal ons in die kas krap vir versierings.

Spyskaart

  • Ons standaard spyskaart vir Kersfees is vleis, twee slaaie en nagereg.

As jy enige lekker en maklike resepte/voorstelle het (ook vir tafelversierings), stuur asb. via Facebook of Instagram of via die kontakbladsy van my webwerf.

Laat hoor asb. van jou, of stuur foto’s van jou Kersfees (vorige Kersfeesvierings).

Boeke vir tieners
Boeke vir tieners

Celebration

“Why do other people celebrate Christmas with a feast and we don’t?” Tween is very analytical and frequently asks the most interesting questions.

To celebrate or not?

The reasons why we never make a big thing of Christmas, are actually very simple.

  • One of my mom’s family members passed away around Christmas time, so her family never celebrated Christmas.
  • My dad grew up during the Great Depression. Need I explain?
  • My mom hates cooking.
  • I’m not particularly fond of cooking either, especially not standing in the kitchen for 6 hours and everything disappears in 30 minutes.
  • Hubby doesn’t believe in anything over the top.
  • There was a stage when I took a lot of time to decorate and lay the table and make it special but the guests who spent Christmas with us, put their handbags and other belongings on my nicely decorated table and never noticed the effort. After the third time, I decided that it was a complete waste of time.

Christmas 2020

  • This year was tougher than an old guineafowl, so I decided that Christmas must be a little more special and the boys have to be involved. We’re going to do it for us.

Plans

  • Ideally I’d like to spend Christmas in the middle of nowhere next to a river. If at home, we’ll dig in the cupboard for decorations.

Menu

  • No idea yet. Suggestions welcome!
  • Our standard Christmas entails meat, two salads and dessert. Maybe it’s time for a different approach.

Suggestions are most welcome (also pertaining to decorations) via Facebook, Instagram or the contact page on my website. I’d really like to hear from you. If you’d like to do so, please send me pics of your Christmas/previous Christmas celebrations.