Herfs / Autumn

cof
Boeke vir tieners

Blare Oral / Children Tidying

Ek het een jaar lank gelede van herfs vergeet. Heeltemal. Dit het gevoel asof ‘n stuk van my lewe gesteel is. Die winter was net skielik daar en herfs het nooit gebeur nie. Of dit het, maar ek was nie daarvan bewus nie.

Ek was op universiteit en was destyds so besig met die rot-resies, dat ek nie die eikeboomblare in Potchefstroom sien verkleur het, of die anderste reuk in die lug opgetel het nie. Herfs en winter het mos hulle eie reuke.

Waar’s die Ander Een?/And Then There Was One

‘n Vriendin het my onlangs hieraan herinner. Sy bel my die afgelope twee jaar wanneer die herfs aanbreek om te laat weet dat die herfs arriveer het.
Dit herinner my aan D.J. Opperman se ongelooflike gedig:
Herfs
Die Pieke wissel in ‘n kwepergloed
wat appels en die laaste druiwe voed;
die wingerde verroes tot rooi pontak
terwyl uit eikebome koperblare sak.

Ek dink nie ons sal die herfs van 2020 gou vergeet nie: Coronavirus, grendelgrappe, eierdrinkkompetisies, aanlynskool vir die kinders en koeke wat tuis aanmekaargeslaan word. Soos my man sê, mense ontdek talente waarvan hulle nooit bewus was nie.
In my hart hoop ek regtig dat 2021 se herfs sal wees soos die van lank gelede. Ek wonder …

Kleure/The Colours of Autumn

The autumn of 2020 is one we most likely will never forget: Coronavirus, lockdown, home haircuts, etc.

There was an autumn many years ago that I totally missed out on. No reason other than the rat race. I merely didn’t notice the yellowing leaves, on my way to class every day (I was at university). I raced past the smell of winter approaching. A friend recently reminded me how upset I was when I finally realised that I had missed out on an entire season. She now calls me at the beginning of autumn to remind me to look out for the changes in nature. 🙂

Autumn 2020 in South Africa is one most people would probably want to forget. There is a reason for everything, I believe but I also can’t wait for this to pass.